SORGVRY IN ‘N “CRAZY” WêRELD
Foto met komplimente van Sarien Fouche Vandag merk die eerste dag van my terugstap “journey”…..Dis nou baie lank al wat ek die “stem” hoor en liggies ignoreer…. Die “stem” wat my aanpor om te skryf…… Vandag weet ek dat die skrywery Sy aanpor was vir my eie begin, my eie genesing….en as dit dan hoegenaamd vir enige iemand iets verder beteken, “then so be it!” Ek sit op my vriendin se dek hier by haar houthuisie in Heidelberg wat 180 grade uitkyk oor die ouwêreldse huisies met hulle mooiste argitektuur hieronder, die besige N2 en die Overberg se laslap lande van bruin, groen en geel in die verte. Ek is oorweldig. My gees is ontroerd…..onstuimig….. My kop is moeg van al die woorde…die Youtube video’s, die Whatsapp en Telegram boodskappe….die ontstellende nuus en artikels op Facebook…. Woorde, woorde, woorde….miljoene der miljoene ontstellende woorde…. My binneste woel, is vol, wil oopbars, …en skielik weet ek….dis tyd….. Die enigste manier wat ek geleer het om van die onstuimigheid in mens se binneste ontslae te raak is woorde…… Maar nee, ek wil nie praat nie……My mond is moeg, my ore ook…..Ek wil geluidloos van die see van golwe en bruin skuim hierbinne ontslae raak…. Ek maak my oë toe… My asemhaling is vlak……net die puntjies van my longe kry die vars lug…. Ek begin onthou frases van die Psalm wat ek nou net in die mooiste vertaling gelees het…. Ek raak bewus van Hom….. Ek gee oor….. Die sagte fluister sê….Kom net terug van daar ver af……zoom terug……. Want my innerlike kameralens was tot die verste uitgezoom…..gefokus op die chaos in die wêreld….die virus wat die fokus steel van die vreesagtige menigtes, en alles wat agter die gordyn van misleiding gebeur…..’n magspel van die rykes ….artificial intelligence, die gevare van 5G waarvan min bewus is, rassisme, plaasmoorde, die politieke speelbal waarin gewone mense, die wêreld se bevolking verval het….covid statistieke…. ‘n Jan-Frederikkie kom sit op die reëling…..hy fluit nie vir krummels nie…..Hy sien seker dis ‘n vreemde vrou vandag op die stoep en hop maar stil-stil weg…. Ek zoom gehoorsaam terug…..tot in die onmiddelike oomblik…. Ek maak my oë toe….haal dieper asem Ek begin luister na die onmiddelike wêreldjie om my…. Ek hoor die uitgelate, fyn geluidjies van verskillende voëls in die bome romdom die huis…. (en ja…daar was ‘n hadeda ook, gelukkig ver!) ‘n Koei bulk angstig vir haar kalfie elders en ‘n hoenderhaan kraai vir oulaas nog vir die laatslapers om op te staan…. Vragmotors dreun, stop, air-brake, toet, ry..dreun voort op die N2, haastig oppad met hulle vrag na sy bestemming…. Ek maak my oë oop…… Diamantjies skitter in die bome…laasnag se dou met die ritsel van ‘n sagte briesie. Die swart boerboel oorkant staan op, strek homself lank uit, lig sy been langsaam teen die boomstam en val weer lui-lui in die sonkol neer. Sorgvry is hy… Die buurvrou hang kleurvolle wasgoed op die draad en ‘n bougainvilla vloei welig pers oor die muur… Ek skink vir myself nog ‘n koffie…. ‘n Duif bad vredevol in die water van die voëlbakkie…gooi water in haar keeltjie af terwyl sy hemelwaarts kyk…. Hoeveel mooi mis ons nie daagliks om ons nie…? Ek is bekommerd Here…! Ek is bekommerd oor die toekoms…oor my kinders en hulle toekoms, oor my hartsmense hier om my…oor ons voortbestaan, oor die boosheid in die wêreld, oor die vreesbevange blinde menigte wat niks van die aankomende duisternis weet of wil weet nie…..Ek kan hulle nie red nie, nie oortuig nie, nie wakker maak nie….. Maar vanoggend gee ek oor….Ek kan niemand red nie,…ek kan nie die wêreld red, wakker maak, oortuig of verander nie….. Ek gee oor aan die een wat belowe het dat Hy meer na my sal kyk as na die tevrede voëltjies en die plante om my… Ek kroon U vandag weer as my en die crazy wêreld se Redder. U kan red! U is in beheer! U alleen! Here, ek wil dankbaar leef, in elke oomblik teenwoordig wees, afbuk om die kleinste veldblommetjie wat moedig blom in ‘n droë paadjie te bewonder, en lang geselse met geliefdes gesels. Die Jan Frederikkie spring weer op die stoep….Hierdie keer is ek gereed met beskuitkrummels. Hy is so dankbaar soos ek. Geseënd! Sorgvry! |
0 Comments on "SORGVRY IN ‘N “CRAZY” WêRELD"